Hoe vier Sedibeng Kersfees?

LEPHALALE — Tessa Pugh, onderwyser vir die dowe leerders by Sedibeng Gekombineerde Skool in Onverwacht, sê vanjaar se Kersfees gaan vir haar en haar man ʼn hele nuwe ervaring wees. Hulle gaan die komende feestyd saam met vriende by Ponta do Ouro in Mosambiek kamp.
In die verlede was dit tradisie dat die familie almal Oukersaand saam braai en Kersdag het hulle die kerkdiens bygewoon en lekker geëet. En hoe voel hulle oor Kersgeskenke? “Die gesin gee net kersgeskenke aan al die kleinkinders want vir die volwassenes is die samesyn genoeg,” sê sy.

Derrick Olivier, ’n ou bekende by Sedibeng Gekombineerde Skool in Onverwacht sê hy vier die Kerstyd deur Kersdag ’n Kersdiens by te woon en daarna kuier hy saam met vriende en “chill” uit.
Vanjaar ry hy met Jan Tuisbly se Karretjie en hy sien daarna uit om net al die bekende Ellisrassers te sien.
Hy vat eerder ʼn bottel wyn saam wanneer hy by vriende gaan kuier as om vir elkeen ’n kersgeskenk te gee. “Die lekkerste geskenk is om saam te kan sit en kuier,” sê hy.
Hy verkies om Kersfees saam met ou “varsity pelle” te vier wat mekaar almal goed ken.

Merlyne Malepa, also a teacher at Sedibeng Combined School, says she celebrates Christmas by rotating between her husband’s and her family. All together they are six families who come together every year. This year they will be going to her sister in Seshego on 25 and 26 December.
They always have lunch together and late afternoon they all exchange gifts between them. She and her family will be going on a short vacation from 28 December to celebrate her and her husband’s 20th wedding anniversary.

Sonja Janse van Rensburg, ʼn onderwyser by Sedibeng Gekombineerde Skool is dit eens dat Kersfees saam met jou gesin gevier moet word.
Sonja en haar gesin gaan Kersdag deurbring deur ʼn kerkdiens by te woon en daarna sal hulle saam ʼn smullekker ete voorberei.
Die Janse van Rensburg-gesin is vanjaar oor die feestyd tuis en hulle sê hulle gaan ʼn heerlike Ellisrassomer hê!
Sy vier die feestyd saam met haar huisgesin en hulle glo nie daarin om vir mekaar geskenke te gee nie, want vir hulle is die samesyn die belangrikste.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.