Hoërskool Ellisras

Rugby kraai koning

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het Saterdag 14 April koning gekraai in hulle wedstryde teen Hoërskool Merensky van Tzaneen op tuisveld.

Al EHS se rugbyspanne wen hulle wedstryde. Die eerste rugbyspan wen 36-17, die tweede span wen 24-13, die o. 16’s wen 30-24 en die o. 15’s wen 18-12.

Soccer excellence

The soccer heroes with principal Adriaan Joubert

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras’s soccer teams performed exceptionally well against Hoërskool Merensky of Tzaneen in home matches on Saturday 14 April.

The junior team of Hoërskool Elliras beat Merensky 6-1 in a glorious display of excellent footwork. The goals were scored by Moses Mashego with three goals and one goal each for Chistopher Poto and Oratile Tlale.

The seniors won 4-0. Goals were scored by Angel Makgae with 2 goals and one goal each for Phenyo Mothiana and Vuyo Bala.

Gholfwenners

Gholfspelers Jarred Grovers, Johannes Botha, Hendri Reynecke en Coenraad Pretorius het almal hulle wedstryde gewen. Regs is skoolhoof Adriaan Joubert

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se gholfspelers het Vrydag 13 April te Mookgophong (Naboomspruit) meegeding teen die spelers van Hoërskool Warmbad. EHS wen 4-0.

Elke speler speel individueel waarna die tellings bymekaar getel word as span van vier.

Top 5 in academics

Marnique Gadda, Joey Vorster, Anzelle Vermaak, Jaco von Ronge and Jacki Roos

LEPHALALE — On Monday 16 April, the top 5 academic learners of each grade in Hoërskool Ellisras were announced.

Congratulations to Jacki Roos, Grade 8, 90%; Jaco von Ronge, Grade 9, 92,2%; Anzelle Vermaak, Grade 10, 87,7%, Joey Vorster, Grade 11, 91% and Marnique Gadda, Grade 12, 90,2%.

Boogskuts skiet ráák

Codi Janse van Rensburg (regs) het ʼn eerste en Branden Perrier ʼn derde plek behaal

LEPHALALE — Boogskuts van Waterberg Academy in Vaalwater, Laerskool Bosveld Primary, Lephalale Primary, Hardekool Akademie en Hoërskool Ellisras het Saterdag 14 April aan ʼn kompetisie by Hoërskool Ellisras deelgeneem.

Codi Janse van Rensburg van EHS behaal ʼn eerste plek in die senior dogterskategorie met ʼn telling van 287 uit 300 en Branden Perrier behaal ʼn derde plek in die senior seunskategorie met ʼn telling van 275.

Hoërskool Ellisras se boogskuts behaal ʼn algehele tweede plek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.