Hoërskool Ellisras

Mischka home with 6 medals

Adriaan Joubert, skoolhoof, wens Mischka geluk

LEPHALALE — Mischka Witbooi won six medals in an archery competition held in Calgary, Canada, during the school holiday.

Competing countries were USA, Namibia, Canada and South Africa.

She says the people are extremely courteous and although the winters are very cold, she would like to live there.


Sewestoer groot hoogtepunt

Die ses sewesspelers saam met Adriaan Joubert, skoolhoof

LEPHALALE — Jaco Strauss, Marco de Beer, Steyn van Staden, Zander du Plessis, Brent Oberholzer en Hannes Pretorius van Hoërskool Ellisras het die afgelope skoolvakansie na Dallas, Amerika, getoer vir ’n sewes-rugbytoernooi.

Jaco en Marco was deel van die Silwer span wat hulle Plaatfinaal gewen het.

Die Silwer span wen die eerste wedstryd (27-0), die tweede wedstryd (26-5), die wedstryd teen Oaklahoma (44-5) en die Plaatfinaal teen die Housten Elite Sevens (24-7).

Hulle verloor die derde wedstryd (22-28) en die wedstryd teen die Gazelle Griekwas (7-28).

Steyn, Zander, Brent en Hannes was deel van die Goue span.

Die ses manne sê die besoek aan Gas Monkeys, ’n plek genaamd Ford Worth Stock Yard en ’n besoek aan ʼn regte Amerikaanse rodeo was die heel lekkerste.


Atletetoer onvergeetlik

V.l.n.r.: Dries du Preez, Christelle van der Merwe en Jan du Plessis het hulle Europese atletiektoer baie geniet en hulle sê hulle het baie geleer

LEPHALALE — Jan du Plessis, Christelle van der Merwe en Dries du Preez van Hoërskool Ellisras was onlangs vir ʼn atletiektoer na Frankryk, Duitsland en Switserland en hulle sê dit was ʼn ongelooflike ervaring.

Hulle het twee keer aan atletiekbyeenkomste deelgeneem, maar nie noodwendig in hulle spesifieke items nie – by een van die byeenkomste moes hulle byvoorbeeld deelneem aan ʼn hardloop-, gooi- en springitem.

Hulle het Disneyland in Parys besoek en piekniek gehou by die Eiffeltoring.

Jan sê die pragtige kerk wat hulle besoek het, wat 400 jaar geneem het om te bou en waarvan die detail egte goud bevat, het hom die meeste beïndruk.

Hulle het Apple besoek, was in Lusanne, het met ʼn boot op die Leman Lake gery, die Olimpiese museum besoek en hulle was toeskouers by ʼn Diamond League atletiekbyeenkoms.

Die drie is by Mount Titlis in Switserland op met ʼn kabelkar – 3 km bo seespieël met ʼn temperatuur van -9˚ C. Dries sê die hoogtes was skrikwekkend en volgens Christelle was die sneeu asemrowend.

Hulle het baie by die afrigters geleer, baie vriende gemaak en sal die voorreg wat hulle gehad het nooit vergeet nie.


3 eerste plekke by ISKA

Johan, Frikkie en Dian met hulle aankoms op die lughawe

LEPHALALE — Dian Besseling (groen gordel), Frikkie Brand (blou gordel) en Johan Pretorius (oranje gordel) van Hoërskool Ellisras het gedurende die wintervakansie aan die ISKA World Mixed Marshall Arts-kompetisie te Orlando, Florida, deelgeneem. Al drie leerders het as wêreldkampioene in hulle onderskeie afdelings teruggekeer.

Johan behaal ʼn eerste en twee derde plekke, Frikkie behaal ʼn eerste, derde en vierde plek en Dian behaal ʼn eerste en derde plek.

Hulle toer het ook ʼn besoek aan Disneyland, die waterpark Quatica, Universal Studios en die grootste hengelwinkel in Amerika, naamlik die Brass Pro Shop, ingesluit.

Johan en Dian het in 2017 en Frikkie in 2016 begin om gevegskuns te beoefen en hulle is baie tevrede met die plekke wat hulle behaal het.


2 EHS-spanne Limpopowenners

o. 16 Limpopowenners

LEPHALALE — Die o. 15- en o. 16-rugbyspan van Hoërskool Ellisras is beide Saterdag 21 Junie as Limpopowenners gekroon.

Die o. 16’s het die manne van Hoërskool Merensky aangedurf en net nie opgegee nie. Hulle wen met ʼn telling van 24-22 nadat hulle in die laaste minute punte aanteken.

Drieë is gedruk deur Nelius Grieshaber en WP Vermeulen en die skopwerk is behartig deur Ruan Basson. Basson se aandeel in die wenpunte is ʼn drie in beseringstyd wat hy ook verdoel het.
Die o. 15’s wen hulle wedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter met ʼn telling van 18-12.

Drieë is gedruk deur RF Schoeman en Wessel Pelser. Mynhardt du Plessis slaag met twee strafskoppe en een verdoelskop. Volgens die afrigters het die manne baie harde rugby gespeel.

Skoolhoof Adriaan Joubert sê hy gloei van trots oor die spelers en afrigters en die feit dat twee van EHS se spanne Limpopowenners is, getuig van harde werk en goeie afrigting.

Drie van EHS se rugbyspanne sal Saterdag 28 Julie meeding vir die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee).

Die o. 16-span speel teen Hoërskool Tuine in Pretoria, die o. 15-span teen Midstream College in Pretoria en die eerste span speel teen Hoërskool Volkskool in Potchefstroom.

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.