Huldeblyk: Ann Viljoen (Slabbert), 1935-08-03 – 2017-10-16

“Die hemelse Vader het ons kosbaarste juweel, ons moeder, ouma, skoonma, suster en vriendin op die ouderdom van 82 jaar uit ons midde weggeneem en haar Sy edelsteen gemaak in Sy kroon. Ons moeder was ’n ystervrou wat altyd gelewe het vir haar kinders en kleinkinders. Sy was vir almal ’n ma en vriendin, in alle opsigte ’n voorbeeld van naasteliefde, vriendelikheid, hulpvaardigheid en ‘n ware kind van God. Baie dankie vir mamma se onbaatsugtige werk by die gastehuis.”
Dankie ook aan die volgende persone en instansies:
Pastoor Francois en Emmerentia du Toit vir julle ondersteuning, vir die begrafnisdiens en liefde en bystand deur die jare;
Dr Hester Stander, Mediclinic Lephalale, Dalene de Villiers (hospitaalbestuurder by Mediclinic Lephalale), Celia Sharp (matrone) en al die personeel van die hospitaal vir al hulle hulp;
Marlien de Ridder, ER24, Lancet en Avbob in Lephalale en Lynwood Pretoria;
Kobie van Niekerk en Kotie Viljoen vir hulle hulp en bystand;
Die personeel van Fairway Inn – dankie vir julle hulp en liefde met ouma;
Die hele Ellisrasgemeenskap vir alles wat julle vir ons ma gedoen en beteken het.
“Rus sag Ma, ons mis Ma baie. Ons sal altyd Ma se woorde onthou:
“Be still, and know that I am God”.
— Eugene en Joan du Preez en Jackie Slabbert

‘n Huldeblyk-gedenkdiens word Saterdag 25 November om 15:00 by die Fairway Inn gastehuis gehou vir die Ellisrasgemeenskap.
Ann Viljoen het vir 12 jaar by Fairway Inn Gastehuis gewerk, waarna haar dogter Jackie Slabbert by haar oorgeneem het. Jackie het haar later versorg en behartig steeds die gastehuis.
Ann is in Pretoria te ruste gelê.
Sy laat drie dogters, twee skoonseuns en vyf kleinkinders agter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.