Huldeblyk, Eduan van Zyl Schoeman, 23 April 1996 – 14 Junie 2018

Ons vriend, neef, kleinseun, broer, seun – daar bly ’n stuk van jou in elkeen se hart wat jy so onbaatsugtig en met soveel energie geraak het. Jou omgee en liefde vir die mense in jou lewe, jou liefde vir diere, vir Afrikaanse musiek, jou planne en entoesiasme vir die lewe is vasgevang in ons herinneringe.

Rus sag, ons Eduan, tot weersiens.

— Sven, Ursula, Stephanus, Karla en familie

(Eduan was ’n leerder by Hoërskool Ellisras. Hy het in 2014 daar gematrikuleer waarna hy na Stellenbosch verhuis het om sy studies voort te sit. Baie sterkte aan almal wat vir hom lief was — Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.