Huldeblyk: Thomas Moliti, 17 Desember 1943 – 14 November 2017

Koedoe Apteek se personeel bring hulde aan Thomas Moliti, gebore op 17 Desember 1943 en oorlede gedurende die nag van 14 November.
Hy was met verlof gedurende September vanjaar toe hy siek geword en nooit weer teruggekeer het werk toe nie.
Thomas was vir jare werksaam by die apteek. Sy loopbaan by apteke het begin by Jan de Bruyn se apteek waar hy eerste gewerk het, daarna by Marinus Kruger en laaste by Ferdie Steyn van Koedoe Apteek.
Soos Thomas in ʼn vorige onderhoud met Mogol Pos gesê het: “Hulle verkoop my elke keer saam met die apteek”.
Ferdie onthou nog hoe Thomas sy (Ferdi) se ID-foto geneem het toe hy in standard agt was. Hy sê dat hy net die mooiste herinneringe van Thomas met hom sal saamdra.
Thomas sal deur die gemeenskap onthou word as hulpvaardig, beleefd, vriendelik, betroubaar en nederig en “ons mis hom klaar as mens,” sê Ferdie en Wilma Potgieter wat ook reeds 29 jaar by Koedoe Apteek werksaam is.
Thomas was so deel van Ellisras en sal vir seker onthou word as ʼn beminde legende. Sy heengaan word diep betreur.
— Ferdie Steyn en personeel

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.