Hulle gee om én gee terug!

Zak Grobler het reggeraai!
Dié twee kalwers se gesamentlike gewig moes geraai word

André Kock en Seun Limpopo het Saterdag 26 Oktober ’n uitstalling en gewigraaikompetisie gehou by die jaarlikse Vaalwater Boeredag op hulle perseel te Vaalwater. Die dag word aangebied deur AWA.

Die bees-gewigraaikompetisie het dieselfde formaat as verlede jaar gehad, maar ’n interessante kinkel was dat die gewig van twee kalwers sáám geraai moes word.

Die kalwers is voor die tyd geweeg en het onderskeidelik 132 kg en 163 kg geweeg, met ’n gesamentlike gewig van 295 kg.

Daar was lekker pryse op die spel en André Kock en Seun Limpopo bedank die borge, Pierre Marais van Molatek en LaBos-slaghuis in Marken, hartlik vir hulle bydraes.

Heelwat persone het die gewig baie naby geskat, maar slegs een persoon kon die gewig in die kol raai en twee ander persone was slegs 1 kg uit. Almal wat deelgeneem het en van die dag ’n sukses gemaak het word bedank.

Die wenners was Zak Grobler wat 295 kg geraai het. Hy wen 10 sakke Meester 20 van Molatek, Paul Dane was in die tweede plek met sy raaiskoot van 294 kg en hy wen ’n vleispak ter waarde van R500 en Chris Ras was in die derde plek met sy raaiskoot van 294 kg – hy wen ’n vleispak ter waarde van R300.

André Kock en Seun lewer al vir 56 jaar ’n diens aan die veeboer en beeste is hulle passie. Hulle spesialiseer in weeklikse kommersiële veilings, spesiale stoetveeveilings, losgoedveilings asook eiendomme.

Vir advies en al jou veebemarking, skakel die agent in jou area: Vaalwater – Wentzel van Wyk 082 507 6967, Lephalale en Steenbokpan – At Vermaak 082 578 9615/Neels Vermaak 082 308 3122 en Baltimore – CF Ackermann 083 677 4681.

Gaan volg hulle gerus op Facebook vir die nuutste veilinginligting of skakel die kantoor by 014 004 0028/9 of besoek www.andrekocklimpopo.co.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.