Inbrake neem toe!

LEPHALALE — Inbrake het vanaf Dinsdag 26 Februarie ongelooflik toegeneem,” sê Thys Eloff, voorsitter van die Lephalale gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Volgens Eloff is inbrekers besonder bedrywig in Marapong, die swaar industriële gebied, Onverwacht, Lephalale dorp tot by die Rietspruitplotte. Besigheids én residensiële inbrake het toegeneem.

Eloff versoek weer die gemeenskap om alle misdade aan te meld en om op die uitkyk te wees vir enige verdagte optrede.

“As ons nie alle misdade by die polisie aanmeld nie, selfs al is dit net ʼn geringe misdaad, gaan ons geen ekstra mannekrag by die polisiestasie kry nie,” sê hy.

Items wat gesteel word is enigiets van kontant en selfone tot elektroniese toerusting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.