Kansa-gholfdag

Nancy van Staden saam met Marcel Grovers, Bertus Jacobs en Gert van der Walt, wenners in die verskillende divisies

LEPHALALE — Vyftig spelers het Saterdag 2019 aan die Sanlam en Kansa-gholfdag by Mogolklub deelgeneem. Gert Pepler, klubkaptein wat die prysuitdeling waargeneem het, het almal wat deelgeneem het, en veral die borge wat altyd ’n oop hand en beursie vir Kansa het bedank.

Nancy van Staden, gemeenskaps-mobiliseerder van Kansa Lephalale, het elke deelnemer en die borge vir hul ongelooflike ondersteuning bedank. Sy het Gert du Plessis uitgesonder wat elke jaar sy onbaatsugtige diens aan Kansa lewer deur die jaarlikse veiling aan te bied en goeie pryse vir die items te behaal – fondse wat Kansa broodnodig het.

Verskeie items is Saterdagaand opgeveil en ’n heerlike koek het ’n prys van R800 behaal. Sy het ook genoem dat dit die laaste jaar was dat Sanlam die Kansa-gholfdag aanbied, maar bedank hulle hartlik dat hulle vir soveel jare kragdadig aan Kansa se sy was om te help.

Die gholf is in ’n Individuele Stableford-formaat aangebied en die wenners was soos volg:
 Naaste aan die penne: Bennie Petzer op putjie 8 en Dylan Viviers op 11.
 A-Divisie: Bertus Jacobs (1ste), Gerhard Pepler (2de) en Gert Pepler (3de)
 B-Divisie: Marcel Grovers (1ste), Riaan Nel (2de) en Natie Pretorius (3de)
 C-Divisie: Gert van der Walt (1ste), Coert Kitching (2de) en Marius van Rensburg (3de)
 Die aand is afgesluit met ’n heerlike ete en gesellige samesyn.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.