KANSA – vroeë kankeropsporing — 22 Oktober

LEPHALALE — KANSA Lephalale doen weer toetse vir die vroeë opsporing van kanker op Dinsdag 22 Oktober by Koedoe-apteek in Jan Leestraat, Lephalale.
Die volgende mediese dienste word aangebied:
• Papsmeer met ’n borsondersoek ingesluit teen R330.
• Slegs ’n borsondersoek teen R90.
• Prostaatbloeddtoets (PSA) teen R150.

Volgens suster Marika van Zyl kan servikale kanker slegs opgespoor word deur middel van ’n jaarlikse papsmeer en word melanoom-velkanker toenemend in Suid-Afrika gediagnoseer.

Sy sê melanoom-velkanker is een van die gevaarlikste kankers aangesien dit direk na jou bloedstroom en organe versprei.

Gaan maak seker – KANSA gebruik ’n gesofistikeerde kamera en rekenaar vir die vroeë opsporing van velkanker teen R150 per toets.

Maak vroegtydig jou afspraak by Marika by 082 824 6286.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.