Kettingbotsing veroorsaak groot skade

LEPHALALE — Groot skade is Maandagoggend aan vier voertuie aangerig tydens ʼn kettingbotsing in Nelson Mandelarylaan naby die watertoring in Rupertstraat.

Op die foto kan duidelik gesien word dat daar groot skade aangerig is

Volgens ʼn man, wie se vrou in die voorval betrokke was, was sy omstreeks 06:30 met haar Toyota Fortuner op pad in die rigting Onverwacht toe die botsing gebeur het. Volgens hom het ʼn Ford-voertuig met registrasienommer DTG 982 L direk agter haar gery toe ʼn Isuzu-bakkie van Eskom met registrasienommer JFD 094 MP die Ford van agter getref en dié uitgeswaai het na die regterbaan. Die Isuzu-bakkie is verby die Ford en tref sy vrou se Fortuner regs agter. In dié proses het ʼn Range Rover met registrasienommer JKL 713 MP weer op sy beurt in die Isuzu-bakkie vasgery. Die polisie en verkeersbeamptes was op die toneel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.