Klein Christiaan verloor stryd

LEPHALALE — Christiaan de Beer, die seuntjie van Mericia en Rudi de Beer wat Saterdag 2 Junie per noodkeisersnee in die Unitas Hospitaal in Pretoria gebore is en net 625 g geweeg het, is Donderdag 14 Junie in die hospitaal oorlede. (Mogol Pos het in die uitgawe van 8 Junie hieroor berig: “Net 625 g”)\

Volgens ʼn vriendin van die familie is Christiaan Donderdag rondom 12:30 oorlede nadat die gat in sy hart waarmee hy gebore is nie kleiner wou word nie, sy suurstoftelling te min was en die dokters nie daarin kon slaag om sy infeksietelling te verlaag nie.

Christiaan is Woensdag 20 Junie om 11:00 vanuit die NG Kerk Ellisras-Wes in Onverwacht begrawe.

Die familie bedank elkeen wat, in watter opsig ookal, ʼn bydrae gelewer het.

Daar is R2 400 ingesamel deur middel van strikkies wat verkoop is en ʼn totale bedrag van R1 800 is in die bankrekening inbetaal.

Enigiemand wat steeds ʼn bydrae wil lewer vir onder andere uitstaande mediese kostes, skakel Linque by 083 246 5496.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.