Kleuterpret by interskoledag

LEPHALALE — Die jaarlikse Interskolekleutersportdag, aangebied deur Rassieland, Laerskool Ellisras se Kleuterskool, is Saterdag 15 Februarie by die skool aangebied. Kleuterskole wat deelgeneem het, is Olka Polka, Fort Asjas, Sonskynparadys, Kammaland, Stokmannetjies, Donkie Ponkie en natuurlik Rassieland.

Die kleuters (en hulle ouers) het met oorgawe aan die items deelgeneem en die kleuters van Olka Polka het weggestap met die Kleuter-geestrofee.

Sonia Grobler, hoof van Rassieland, bedank elke borg, ouer en ondersteuner wat die dag bygewoon en tot die sukses van die geleentheid bygedra het.

“Dankie aan die skole vir julle gees en samewerking – ons nooi alle ouers van voornemende Rassies uit om ons Opedag later vanjaar by te woon. Die datum sal nog bekendgemaak word. Hou gerus ook die skool se Facebook-blad, sowel as Mogol Pos dop vir meer besonderhede hieroor,” sê Sonia.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.