Kleuterskool haal TV

LEPHALALE — Sonskynparadys kleuter-skool in Onverwacht se konsert was genomineer om afgeneem te word vir ʼn TV-uitsending wat reeds op 13 November uitgesaai is op kykNET se kanaal 146. Die volgende uitsending is op 19 November op dieselfde kanaal.

Die skool se konsert is op 18 Junie aangebied waarna hulle een van 64 skole (en 18 groepe) was wat deurgedring het na die finaal wat op 4 November in Pretoria gehou was.

Sonskynparadys het twee trofeë gewen, onderskeidelik vir die beste ritme en beste gebare. Die graad R en RR-groep het onder die eerste vyf geëindig.

Almal wat bygedra het ten opsigte van borgskappe en ondersteuning word van harte bedank.

Skakel Maandag 19 November in op kykNET kanaal 146!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.