Koop ʼn baksteen vir kinders

LEPHALALE — Luan Mahoney, ʼn graad 8-leerder aan die Hoërskool Ellisras, moet as deel van sy lidmaatskap aan die International Leadership Academy vanjaar ʼn fondsinsamelingsprojek doen.

Hy het besluit op die “Koop ʼn baksteen en verander ʼn kind se lewe”-projek. Elke baksteen wat verkoop word teen R500 elk sal hom nader bring aan sy doelwit om ʼn sitkamerstel te koop vir Huis Protea, ʼn dogtershuis by Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle.

Ruan rig ʼn vriendelike versoek aan die gemeenskap om hom te ondersteun met sy projek.

Bydraes kan inbetaal word by:
Rekeningnaam: House Protea P; rekeningnommer: 1566 987 464, takkode 471101.
Bewys van betaling kan gestuur word aan: hpp2018@worldonline.co.za
Gebruik asseblief die maatskappy se logo of u van as verwysing.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.