Kos vir DBV!

Desire Cloete, DBV-vrywilliger, saam met Pierre Marais by Kammaland se konsert

LEPHALALE — Kammaland kleuterskool het Vrydag 20 Oktober ʼn DBV-projek gehad waar hulle konsertkaartjies verruil het vir honde- of katkos. Meer as 800 kg kos is deur die skool ingesamel.
ʼn Ouer van die skool, Pierre Marais van RCl Foods het ʼn donasie van sestig 8 kg-sakke hondekos aan die skool gemaak. Francois Roetz, hoof van die verbruikersafdeling, het die donasie goedgekeur.
Erika Tempel, bestuurslid van Lephalale DBV, sê dit gaan die DBV baie help met kosvoorsiening tydens die komende feestyd.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.