Koshuislewe is tops

LEPHALALE — Drie leerders van Laerskool Ellisras wat in die skoolkoshuis bly kan nie uitgepraat raak oor watter verskil die koshuis in hulle lewens maak nie.

Johan Koen, koshuisprefek, onderhoofseun en deel van die top-10-leerders in sy graad, sê hy was altyd ʼn “huiskind” en nooit deel van die top-10-leerders nie.

“Ek het drie jaar gelede my huis vir die koshuis verruil en daar het ek geleer wat dit is om te studeer, want in die studiesaal mag jy niks anders doen as leer nie.

Ek is nou in graad 7, is onderhoofseun, koshuisprefek en ʼn top-10-leerder – dit is alles te danke aan die koshuis se dissipline en roetine.

Die koshuis is ‘great’ en ek dink alle kinders wat elke dag ver moet ry om by die skool te kom moet liewers by die koshuis inskryf. Die koshuis verander alles – dit maak jou selfstandig en jy is gemaklik naby aan die skool en alle sportaktiwiteite,” sê Johan.

Leo Nell Holmwood is ʼn koshuis- en skoolprefek.

“Die koshuis het my baie selfvertroue gegee. Ek is van graad een af in die koshuis. Mens is altyd betrokke by die skool se sport en ander aktiwiteite. As dit nie vir die koshuis se dissipline en roetine was nie, sou ek nie so suksesvol gewees het nie. Die koshuis berei jou voor om reg te wees vir die dinge wat op jou pad kom en mens het altyd vriende en genoeg tyd om te studeer,” sê Leo Nell.

Mohau Tswidi is a hostel leader and a school prefect. “The Hostel gives me enough time to do my school and homework. It teaches you to take care of yourself and to look out for others. There is enough time to play and to do your sports and culture too.

It helps me to co-operate and be present at sport activities in the afternoon. We eat delicious and healthy food and we have nice spacious rooms with good staff members looking after us.

If I were you, I would have wished to be part of Laerskool Ellisras Hostel,” says Mohau.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.