Kultuur hul passie

LEPHALALE – Die Hardies van Hardekool Akademie het onlangs aan die BCVO-Streeksredenaarskompetisie deelgeneem en baie goed gedoen.

Die volgende leerders het onder die eerste drie in hulle onderskeie graadgroepe geëindig en hulle dring deur na die finale landswye ronde wat in Augustus vanjaar in Pretoria gehou word.

Graad 1: Wilhelm McAlpine (eerste plek), Amber Els (tweede plek); graad 2: Lana Lewies (eerste plek); graad 3: Liam Ellis (eerste plek) en Cobus Pretorius (derde plek); graad 4: Tessa du Toit (tweede plek) en Maria Kriel (derde plek); graad 5: Claudine Johnson (tweede plek); graad 6: Michaela Venter (eerste plek) en graad 7: Wian Lewies (eerste plek) en Erisa du Toit (derde plek).

Liam Ellis en Wian Lewies is ook aangewys as fasewenners.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.