Laerskool Bosveld Primary

Bossies vier liefde

LEPHALALE — Die leerders van Laerskool Bosveld Primary het Valentynsdag op Woensdag 14 Februarie behoorlik gevier.

Die leerlingraad en hulle ouers het weke lank beplan watter geskenkies en eetgoed om te maak en die eindproduk is tydens pouse verkoop.

Die skool bedank almal wat betrokke was.

6 deur na Provinsie

LEPHALALE — Die atletiekspan van Laerskool Bosveld Primary het Vrydag 16 Februarie aan die Streekatletiekbyeenkoms te Bela-Bela deelgeneem en ses atlete dring deur na die Provinsiale Kampioenskappe.

Wikus van Schalkwyk behaal ʼn eerste plek in hoogspring, Zoey Elenis behaal ʼn tweede plek in die 70 m hekkies en ʼn derde plek in hoogspring, Keneilwe Makaba behaal ʼn tweede plek, Albert von Rönge behaal ʼn tweede plek in skyfwerp, Dawid Makoema behaal ʼn derde plek in die 100 m en Diko Mihle behaal ʼn derde plek in die 75 m hekkies.

Die atlete word baie sterkte toegewens deur die skool met hulle voorbereiding vir die Provinsiale kampioenskappe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.