Laerskool Ellisras

Rassiekoor is episodewenners

Laerskool Ellisras se senior koor is as episodewenners aangekondig

LEPHALALE — Die junior en senior koor van Laerskool Ellisras het Vrydag 25 Mei saam met vier ander skole aan die Limpopo-been van kykNET se “Sing in Harmonie”-koorkompetisie deelgeneem en die Rassies se senior koor is as episodewenners aangekondig.

Die junior koor het nie deurgedring nie, maar hulle kan steeds deurgaan as kykerskeuse, mits kykers stem tydens die uitsending van die episode.

Hulle ding weer op 23 September mee teen kore van Kwazulu-Natal, Noordwes, Mpumalanga en Gauteng.

Die senior koor het onder leiding van Leanda Wilhelm opgetree en hulle is begelei deur Natalie Snyman.

“Ons bars van trots op elke leerder wat deelgeneem het,” sê die hoof en personeel.


Opedag-sukses

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se jaarlikse Opedag is Vrydag 18 Mei gehou en vele voornemende graad 1-leerders en hulle ouers het die skool besoek om te kyk waar hulle hul vormingsjare gaan deurbring.


Trompoppies vooruit

LEPHALALE — Laerskool Ellisras se trompoppies het Saterdag 19 Mei aan die “Day of the Stars”-trompoppiekompetisie te Mokopane deelgeneem en baie goed gevaar. Die “Small drill” het ʼn algehele eerste plek in hulle kategorie behaal. Die hoofleidster het ook ʼn eerste plek behaal en die “Flag squad” het ʼn derde plek behaal.

Die Rassie-trompoppies neem op 9 Junie aan die Provinsiale kompetisie deel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.