Laerskool Ellisras-nuus

Graad 7’s groet vir oulaas

Graad 7’s groet vir oulaas

LEPHALALE — Die graad 7’s van Laerskool Ellisras het vandeesweek, na sewe jaar, hulle laerskoolloopbaan ʼn laaste vaarwel toegeroep.
Die skoolhoof, onderwysers en leerders wens dié groep alle voorspoed toe met hulle hoërskoolloopbaan wat voorlê.
“Dankie vir julle bydrae tot die sukses van die skool. Ons gaan julle vir seker baie mis”.

Leierskamp vir Rassies

LEPHALALE — Die 2018-leiers van Laerskool Ellisras het onlangs ʼn leierskamp bygewoon en behalwe die hope pret wat hulle gehad het, het Bianca Els, bedryfsielkundige van Els Industrial Psychology Inc. hulle meer geleer oor leiersvaardighede.
Die leiers sê hulle is gereed om die nuwe kennis en vaardighede volgende jaar toe te pas om staatmakerdiens te lewer.

7 jaar getrou by skool

LEPHALALE — Die Limpopo Departement van Onderwys het vier leerders van Laerskool Ellisras beloon vir sewe jaar getroue skoolbesoek.
Graad 7-leerders Oteng Makgae, PJ Human, Inge Prinsloo en Sunette Breedt was vir sewe jaar nie een enkele dag afwesig nie!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.