Laerskool Ellisrasnuus

Rassies se spogaand

Cara Pieterse, Rassie en Akademiese Rassie van die Jaar saam met Anton du Plessis, skoolhoof

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het Maandag 30 Oktober hulle jaarlikse prysuitdelingfunksie in die skoolsaal gehou. Leerders wat besonders presteer het in die afgelope jaar het erkenning gekry en die 2018-leerlingraad met hoof- en onderhoofleiers is aangekondig.
Die o. 11-krieketspan word vanjaar gekroon as Limpopo-wenners. Hulle wen die finaal teen Laerskool Curro Heuwelkruin met 159 lopies. Die span se twee afrigters, Carel Lee en Lourens Theron, was oorstelp van vreugde en sê hulle is baie trots op die span.
Divan Malan en Inge Zandberg word aangewys as onderskeidelik hoofseun en –dogter vir 2018 en Johan Koen en Mieke Wilhelm as onderhoofseun en –dogter.
HJ Pienaar se aankondiging as Sport-Rassie van die Jaar 2017 was geen verrassing nie, in ag genome sy besondere sportprestasies dwarsdeur die jaar. Johan Koen word aangewys as Kultuur-Rassie van die Jaar 2017 en Cara Pieterse is beide Akademiese Rassie sowel as Rassie van die Jaar.

Koshuisbrakke leer hard

Senior koshuisleerders (graad 4-7) se top drie akademiese leerders is Johan Koen (graad 6) met 88, 71%; Leo Nell Holmwood (graad 6) met 88,43% en Francis Makgae (graad 5) met 78,86%

LEPHALALE — Ses koshuisleerders van Laerskool Ellisras het uitstekende akademiese prestasies behaal in die derde kwartaal en hulle sê dit is omdat hulle studietyd in die koshuis optimaal benut.
Die gemiddelde persentasie vir graad 1-3 koshuisleerders is 77% en die graad 4-7’s se gemiddeld is 76%.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.