Leerders vereer

JP van Staden neem Steyn van Staden se toekennings in ontvangs en Marnique Gadda

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Akademiese Lourierfunksie vir 2017 is Woensdag 31 Januarie gehou. Die rede vir hierdie besluit is dat leerders beoordeel word op die hele jaar se punte en nie vir net drie kwartale nie.

In graad 8 is die beste leerder Janco von Ronge. Hy presteer die beste in Inligtingskommunikasietegnologie 96%, English First Additional Language 93%, Wiskunde 91%, Skeppende Kuns 90%, Menslike Sosiale Wetenskappe 88% en Afrikaans Huistaal 86%. Hy behaal ook onderskeidings in Tegnologie 88%, Natuurwetenskappe 87% en Ekonomiese Bestuurswetenskappe 84%.

Janco kry ’n medalje omdat hy vir vier kwartale ʼn top-10-presteerder is met ʼn gemiddeld van 89,2%. Hy kry kleure vir akademie en ’n trofee vir die toppresteerder in graad 8.

JP van Staden is die topleerder in graad 9. Hy is die beste presteerder in Natuurwetenskappe 95%, Skeppende Kuns 95%, Tegnologie 93%, English First Additional Language 88% en Afrikaans Huistaal 85%. Hy behaal ook onderskeidings in Tegnologie, Inligtingskommunikasietegnologie 90%, Wiskunde 89% en Menslike Sosiale Wetenskappe 85%. Hy kry medaljes omdat hy vir vier kwartale ʼn top-10-presteerder was asook vir die top graad 9-leerder met 88.4%. JP verwerf hiermee kleure vir akademie. Hy kon nie die funksie bywoon nie en sy trotse broer, Steyn, het sy pryse namens hom ontvang.

In graad 10 is Joey Vorster die topleerder. Sy is die beste leerder in Wiskunde 93%, Gevorderde Program Wiskunde 93% Ingenieursgrafika en Ontwerp, Rekeningkunde 91%, Fisiese Wetenskappe 86%, Inligtingstegnologie 85% en Afrikaans Huistaal 83%. Sy behaal ook ’n onderskeiding in English First Additional Language 92% en kry ’n medalje omdat sy vir vier kwartale ʼn top-10-presteerder was. Sy ontvang ʼn medalje vir ʼn gemiddeld van 89% en ‘n kontantprys vir haar prestasie in Gevorderde Program Wiskunde 93%, IT 85% en Wiskunde 93%. Joey ontvang erekleure vir akademie van graad 8-10 vir ʼn gemiddeld bo 85%, ʼn trofee vir die hoogste gemiddeld in graad 10 – 89% en ʼn trofee vir die hoogste gemiddeld in IGO 93%.

In graad 11 was Marnique Gadda die beste leerder. Sy is die beste presteerder in Fisiese Wetenskap 96%, Rekenaarstoepassingstegnologie 93%, Lewenswetenskappe 90%, Wiskunde 84%, Afrikaans Huistaal 84% en English First Additional Language 83%. Sy kry medaljes omdat sy vir vier kwartale ʼn top-10-presteerder was met ’n gemiddeld van 88.3%.

Marnique ontvang kontantpryse vir Wiskunde en RTT, sy kry erekleure vir akademie, ʼn trofee vir die beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap en die hoogste gemiddeld in graad 11 – 88,3%.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.