Lekkerbreek rolbal

LEPHALALE – Lede van Mogolklub se rolbalspan het die naweek, 6 en 7 Oktober Limpopo verteenwoordig teen Gauteng Noord se rolbalspanne te Lekkerbreek naby Modimolle in die Colts & Fillies-kompetisie. Gedurende hierdie toernooi word die inter-distriktespanne gekies wat binnekort bekend gemaak sal word.

V.l.n.r.: Linton en Ella Burger, Pieter Pieterse, Marietjie de Beer en Dorette Wells

Kontak gerus vir Linton Burger (voorsitter van Mogol rolbal) of Ella Burger by 083 657 4089 of 082 895 9477 vir enige navrae rakende dié heerlike familiesport. Oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 en Saterdae vanaf 14:00 by die rolbalbane in Walter Sisulu Rylaan. Balle vir oefening is beskikbaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.