Liggaam gevind

OVERYSSEL — ’n Man se liggaam is Dinsdag 4 Februarie deur ’n beeswagter gekry op die plaas Morgenzon in die Overyssel-area.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie Klusterwoordvoerder, is dit die liggaam van die 51-jarige Herman Motlogela Nketle.

Volgens inligting het die beeswagter iets geruik en gaan ondersoek instel, want hy het gedink dit is dalk ’n kalf wat dood is. Toe hy nader gaan het hy gesien ’n liggaam van ’n man hang aan ’n boom.

Volgens inwoners van die omgewing was daar glo ’n paar leë bierbottels en een onoopgemaakte bier op die toneel. Hy het homself met ’n draad aan die boom opgehang en ’n tang asook ’n kontantbedrag van R50 000 is op die toneel gekry.

’n Geregtellike doodsondersoek is geopen by Villa Nora Polisie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.