Manne-ontbyt laat nadink

Jaco Roodt, Francois du Toit en Johan Steyn

LEPHALALE — ʼn Manne-ontbyt is Saterdag 2 Februarie by El Bet-el se kerkgebou gehou en dié spesiale geleentheid is goed ondersteun.

ʼn Voormalige senter van die Goue Leeus, Jaco Roodt, het sy getuienis gegee. Die manne was diep geraak oor wat Jaco in sy lewe gedoen het. Hy het getuig dat hy radikaal verander en losgekom het van sondige gebruike.

Pastoor Johan Steyn het die manne oor tydsbestuur toegespreek en hulle laat nadink oor die dag wanneer alle mense sal rekenskap gee oor wat hulle met hulle tyd gedoen het.

Pastoor Steyn het later die oggend met die leiers van die gemeente gepraat oor die belangrikheid van spanwerk op alle vlakke in die lewe.

Hy was ook die spreker tydens die oggend- en aanddiens.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.