Marie Bouwer 25 Januarie 1943 – 30 Januarie 2020

Cornelia Maria (Marie) Bouwer is Donderdag 30 Januarie 2020 op 77-jarige ouderdom na ’n siekbed oorlede. Sy was die eggenoot van dr Attie Bouwer, wat verlede jaar onverwags dood is op 4 November.

Dr Attie en Marie was vir jare lank inwoners van Lephalale en het na hulle aftrede kus toe verhuis.
 Haar roudiens was Maandag 3 Februarie 2020 om 10:00 vanuit die Woodland Hills gemeenskapsaal in Johannesburg waargeneem. Die teksvers was 2 Timojeus 4:7: “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou”.

Haar geliefdes het die volgende afskeidsboodskap gehad: “Met liefde en deernis groet ons vir Ouma. ’n Dienende vrou, ma en ouma. Ons eer haar vir haar volharding, liefde en geloof. Ons gun haar die rus“.

Sy laat haar vier seuns, Bennie, Pieter, Adriaan en De Jager agter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.