Morsjorse is genusneutraal

Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans verwys die twee woorde van die samestelling mors en jors na die verafrikaanste vorm van die mansnaam George, maar dat die selfstandige naamwoord morsjors genusneutraal is.

Tydens hierdie nawintertyd is die rommel by veldjies en teen heinings baie meer opmerklik as wanneer grasse en bome geil en groen is.

Morsjorse is van alle rasse, geslag en ouderdomme. Om die dorp deurentyd skoon te hou blyk ʼn onbegonne taak te wees en as daar opruimaksies is, bly dit nie vir lank skoon nie.

Op foto’s wat by Ngoako Ramatlhodistraat in Onverwacht geneem is, kan duidelik gesien word dat sekere plekke waar vuilgoed gestrooi word, later al hoe meer vir storting gebruik word

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.