Nadia Kock Meyer 1 Mei 1987 – 10 Februarie 2020

“Nadia sal altyd onthou word vir haar borrelende lag, sonnige persoonlikheid en onbaatsugtige liefde vir haar man en kinders. Sy het ook nooit geskroom om ander in nood te help nie – jy kon enige tyd van die dag of nag op haar knoppie druk.

“Baie, baie dankie ook aan die personeel en dokters by Lephalale Mediclinic vir hulle uitstekende sorg aan Nadia. Dit word opreg waardeer”.

Die Meyers en Tanya Kock van Niekerk, Nadia se sus, bedank die gemeenskap van harte vir hulle besorgdheid, hulp en omgee in hierdie moeilike tyd.

Nadia laat haar man, Ivan, twee seuntjies Zadrian en Riandro, asook familie en vriende agter.

Die familie vra dat die gemeenskap vir Ivan, Riandro en Zadrian in hulle gebede sal hou.

Geen begrafnis- of roudiensreëlings was teen druktyd bekend nie. Mogol Pos sal die gemeenskap op hoogte hou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.