Naweek-arrestasies

LEPHALALE — Lephalale Polisie het verskeie arrestasies gemaak gedurende die naweek van 27 April, waaronder:

Dié drank is gekonfiskeer deur Lephalale SAPD nadat ʼn man gearresteer is vir die verkoop van alkohol sonder ʼn lisensie

15 mense vir drink in die openbaar, 11 onwettige immigrante, een vir die verkoop van alkohol sonder ʼn lisensie, drie vir diefstal en een vir aanranding.

Een persoon is gearresteer vir inmenging met die gereg. Hy het omstanders in Marapong aangemoedig om die polisie aan te val nadat hulle uitgeroep was vir ʼn saak van bendegeregtigheid.

Nog iemand is gearresteer vir drink en bestuur en twee ander is gearresteer vir die besit van gesteelde goedere.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.