Nóg ʼn kettingbotsing

LEPHALALE – Nog ʼn kettingbotsing, een van vele, het Vrydagmiddag 8 Junie omstreeks 13:00 in Nelson Mandelarylaan tussen Lephalale en Onverwacht plaasgevind.

acc1

Picture 1 of 3

Die bestuurder van ʼn Fiat, wat voor gery het, het skynbaar skielik gestop, waarna ʼn Chev-bakkie dit van agter getref en die bestuurder van ʼn Opel Corsa op sý beurt in die bakkie vasgery het.

Die persoon in die Opel Corsa het ernstige beserings opgedoen en is hospitaal toe vervoer. Hy is egter intussen ontslaan en sterk tuis aan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.