Nuwe bestuur vir Beauty VLU

BEAUTY — Die nuwe bestuurspan wat die lede van die Beauty VLU volgende jaar gaan lei is tydens die tak se vergadering in November aangekondig.

V.l.n.r.: Altie van der Linde (addisionele lid), Adele Engelbrecht (skakelbeampte), Ursula Zietsman (vise-voorsitter), Maritsa Jacobs (voorsitter), Petra Ortner (addisionele lid), Sunette Pretorius (sekretaresse), Catherine Greyvenstein (tesouriere) en Lizette Pretorius (beoordelaarsameroepster)

Petra Ortner gee die leisels as voorsitter oor aan Maritsa Jacobs, Estie Nortje gee haar take as sekretaresse oor aan Sunette Pretorius en Altie van der Linde gee oor aan Lizette Pretorius as beoordelaarsameroepster.

Die lede wens die nuwe bestuurspan baie sterkte en voorspoed toe vir 2019.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.