Nuwe EHS-tradisie

Nico Oosthuizen was die eerste leerder om die klok te lui
Mnr Gideon de Jager

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se matriekleerders het Vrydag 18 Oktober met ’n splinternuwe aandoenlike tradisie afgeskop.

Dié tradisie behels dat matrieks vir die laaste keer oor die verhoog loop tydens saalopening voor skool. Hulle lui dan ’n klok buite by die hek om aan te toon dat dit die laaste opening van hulle skoolloopbaan is. Die besef het ván die leerders intens geraak.

Dit was ook die laaste skoolopening wat Gideon de Jager waargeneem het. Hy tree die einde van die jaar af ná 41 jaar in die onderwys. Die personeel en leerders het hom ’n rustige aftrede toegewens.

Nico Oosthuizen was die eerste leerder wat die geskiedkundige klok gelui het. Die skoolhoof Adriaan Joubert het verduidelik dat die klok in ’n boog ingebou gaan word om die tradisie ten volle te vestig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.