Nuwe leisels vir WRSA

Tania Kaiser, dr John van Zyl, Danie en Karin Hefer4

LEPHALALE — Danie Hefer, voorsitter van WRSA (Wildlife Ranching South Africa) het Donderdag 16 November tydens ʼn vergadering by Mogolklub terugvoer gegee oor ʼn brief wat aan die regering gerig is.
“Die gevoel is dat die verskillende departemente nie met mekaar kommunikeer oor oorvleuelende kwessies nie en dit skep ondersekerheid in die wildbedryf, maar dit sal verdere aandag geniet,” het hy gesê.
ʼn Nuwe voorsitter en sekretaresse is ook verkies. Danie Hefer gee die leisels oor aan dr John van Zyl en Tania Kaiser sal voortaan as sekretaresse in Karin Hefer se plek optree.
Die vergadering is afgesluit met ʼn heerlike braai.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.