Ondersteun asb EHS-uitspele, vir seker

Eerste span

LEPHALALE — Die skoolhoof, afrigters, leerders en personeel van Hoërskool Ellisras vra die gemeenskap om Saterdag 27 Julie in groot getalle by die skool op te daag om die eerste en o. 16-rugbyspan te gaan ondersteun.

o. 16-span

Die spanne speel uitspeelwedstryde vir die Virsekerbeker.

Die o. 16-span speel 09:30 teen die span van Ligbron Akademie van Ermelo en die eerste span speel om 11:00 teen die span van Hoërskool Klerksdorp.

Gaan ondersteun asseblief die plaaslike manne!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.