Onthou die Wynfees

LEPHALALE — Het jy al jou kaartjies gekoop vir die Wynveld Wynfees 2018?

Gaan geniet ʼn gesellige dag en proe heerlike wyne en fynproewerskos by die Mogolklub op Saterdag 12 Mei.

Kostes: R130 per persoon ouer as 18 jaar. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.quicket.co.za en dit kan ook by Perfect 10 Lephalale gekoop word. Die kaartjie sluit ʼn wynglas, geborg deur @Sold Eiendomme, in. Kaartjies vir kinders tussen 12 en 17 jaar kos R60 en dit sluit een gratis koeldrank in. Kinders onder 12 jaar het gratis toegang.

Eie gazebo’s en stoele sal ʼn bonus wees.

Skakel 083 501 4078 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.