Oop venster dief se wens

LEPHALALE — ʼn Saak van huisbraak is by Lephalale SAPD geopen nadat ʼn 22-jarige inwoner van ʼn huis in Rivierstraat beweer het hy is Vrydagaand 26 April in sy huis deur ʼn verdagte beroof.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Klusterbevelvoerder, het die inwoner Vrydagoggend 26 April omstreeks 01:00 wakker geskrik en gesien daar staan ʼn man langs sy bed. Die verdagte man het hom na bewering beveel om op sy maag te draai sodat hy hom (die verdagte) nie kan sien nie. Hy het gedoen wat die verdagte vra waarna dié onder andere ʼn selfoon, twee manshorlosies, ʼn mansgordel en ʼn haarknip gesteel het.

Toegang tot die huis is verkry deur ʼn oop venster.

Teen druktyd was daar nog geen verdagtes gearresteer nie en die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.