Oorskot opgegrawe

LEPHALALE — Die polisie in Lephalale is Dinsdag 30 Junie omstreeks 14:45 ontbied na gedeelte twee van die plaas Waterkloof 502LQ nadat menslike oorskot gevind is.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie klusterwoordvoerder, was werkers besig om ’n sloot te grawe om sproeiers te installeer toe hulle op die grusame vonds afkom. Die skedel van ’n volwassene en ’n kind was deel van die oorskot wat gevind is.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen by Lephalale SAPD en die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.