Opedagsukses

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Woensdag 16 Mei ʼn opedag by die skool aangebied, onder leiding van Annelie Wessels.

Die leerders en sommige ouers het in die saal bymekaargekom en hulle is verwelkom deur Adriaan Joubert, skoolhoof, Johann Young, voorsitter van die beheerliggaam en die hoofprefekte Steyn van Staden en Marnique Gadda.

Die besoekers het hierna in roterende groepe verdeel na die wetenskap-, rekenaars-, verbruikers- en tegnologieklas.

In die rekenaarklas oes die leerders vrae op die rekenaar antwoord in die vorm van ‘n kompetisie. Remmi de Wet (alias Kosie Poggenpoel), het loshande gewen.

In die verbruikersklas kon hulle malvalekkers in roomyshorinkies in die oonde smelt en in die wetenskapklas het hulle gesien hoe verskillende chemikalië met mekaar reageer.

Die voornemende hoërskoolleerders het dit duidelik gemaak dat hulle baie uitsien na dié volgende fase in hulle lewe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.