Ovaalren lok talle

LEPHALALE — ʼn Opwindende ovaalbaanmotorrenbyeenkoms is Saterdag13 Julie by die Ellisras Oval Dirt Track by Balke Toe gehou. Dit is die tweede keer dat dit suksesvol in Lephalale aangebied is.

Bykans 500 persone is deur die hekke en klubs van Rustenburg en Loskop het die enjins laat brul saam met Ellisras Oval Dirt Track.

Dit is nie net die manne wat wys wat agter ʼn motor se stuur gedoen kan word nie, dames neem deesdae net so ywerig deel.

Ovaalbaanmotorrenne is waar verskillende tipe motors in verskillende kategorieë in ’n geslote ovaalvormige baan meeding. Ellisras Oval Dirt-baan is ʼn grondbaan en Saterdag se renne het die adrenalien weer eens tot by angsvlakke opgejaag waar senuwees van staal vir deelnemers sowel as toeskouers broodnodig was. 

Ovaalbaanmotorrenne is hier om te bly!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.