Pa en seun doen dit weer

LEPHALALE — Die bekende boogskut-paar, Hennie en Werdie van Staden, het die naweek van 19 Oktober aan die ABO-Noordweskampioenskappe naby Brits deelgeneem.

Hennie sê ten spyte van die hittegolf was die opkoms verrassend goed met ongeveer 300 skuts wat deelgeneem het.

Werdie skiet in die Hunters-afdeling afstandskat 40 jaarts ’n baie goeie telling van 208 uit 220 en hy ontvang goud.

Hennie skiet ook 208 uit 220 in die Male Senior Release (MSR) afdeling met afstandskat 45 jaarts en verbeter die vorige rekord van 204 uit 220. Hy ontvang ook goud.

Werdie en Hennie is die wenners vir die dag – hulle skiet gesamentlik die hoogste telling.

Die naweek van 26 en 27 Oktober neem Pa en Seun oor twee dae téén mekaar deel in Thabazimbi aan die SANAA Bow Hunter SA-kampioenskappe met afstandskat tot 60 jaarts.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.