Pa en seun sterf saam

LEPHALALE — Lephalale-inwoners, Floris Petrus (56) en Floris (20) Thirion, pa en seun, is Dinsdagmiddag omstreeks 17:30 dood nadat die bestuurder van ʼn trok, volgens die polisie, voor hulle ingedraai en hulle kop-aan-kop met die trok gebots het. Die voorval het 3,5 km buite Lephalale op die R33 gebeur.

Volgens die polisie was die Thirions op pad terug na Lephalale en die bestuurder van die trok, was op pad rigting uit Lephalale toe hy regs wou draai en voor die Thirions ingedraai het. Die Thirions het met ʼn 1 400 Nissan Champ gery en die trok behoort aan Scrap Removers.


Volgens ʼn paramedikus van Honnetsweng ambulansdiens was Floris en Floors reeds dood toe hulle minute na die botsing op die toneel aangekom het.

ʼn Saak van strafbare manslag is geopen by Lephalale SAPD.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.