“Perfek net soos jy is”

LEPHALALE — Sene Geldenhuys, hoofdogter van Hoërskool Ellisras in 2017, spog met drie onderskeidings in toerisme (89%), lewensoriëntering (80%) en visuele kunste (87%).
Haar planne vir vanjaar is om uiteindelik ʼn graad in Spraakterapie aan die Noordwes Universiteit (NWU) te behaal. Sy gaan eers sielkunde en onderwys (grondslagfase) studeer waarna sy wil spesialiseer in spraakterapie. Haar nuwe huis vir die res van die jaar is Heide-dameskoshuis aan die NWU.
Sy het deur haar skoolloopbaan geleer dat “wat jy doen wanneer niemand kyk nie, is veel belangriker as wat jy doen wanneer hulle kyk. Dit gaan nie oor wat mense raaksien of die erkenning wat jy kry nie, maar veel eerder oor die verskil wat jy maak in iemand anders se lewe”.
Haar boodskap aan vanjaar se matrieks is dat dit belangrik is om jouself te bly. “Jy is ‘n geskenk van die Here en daarom is dit nie nodig om jouself te verander om in te pas nie, want jy is perfek net soos jy is,” sê sy.
Sy bedank haar gesin vir hulle geduld en bystand deur haar hele skoolloopbaan en die Hemelse Vader vir die vermoë wat Hy haar gegee het om te kan leer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.