Persklaar

Na vele versoeke uit die gemeen-skap dat die redaksionele kommentaar iets was wat hulle graag gelees het, gaan daar voortaan kommentaar uit die redaksie-kantoor op die agterblad gepubliseer word. Stuur gerus ʼn e-pos na sub@mogolpos.co.za en deel jou voorstelle met ons.

Kiesers het Woensdag van vroeg af by verskeie stemlokale in die Lephalale verkiesingsgebied in rye gestaan om hulle kruisies te trek

Die 2019-verkiesing is agter die rug, maar die uitslae is hier om te bly.

In die Lephalale Munisipale gebied het die African National Congress (ANC) die verkiesing loshande gewen met 70,93%. 27 800 mense het vir die ANC gestem.

Die Economic Freedom Fighters (EFF) kry 14,31%. 5 608 mense het vir die EFF gestem.

Die Demokratiese Alliansie (DA) eindig met 7,33%. 2 873 mense het vir die DA gestem.
 die Vryheidsfront Plus (VF+) kry 4,61% met ʼn totaal van 1 808 kiesers.

ʼn Jong man sê nou die dag vir my hy het nie gestem nie, want hy wil niks met die land en sy regering uit te waai hê nie. Jammer dat daar mense is wat nie die noodsaaklikheid van elke stem verstaan nie.

Eiendomsagente, winkeleienaars en kenners sê dat daar elke keer voor ʼn verkiesing ʼn “stilstand” is. Almal wag vir tot ná die verkiesing om groot besluite te neem.

Mag daar van nou af ʼn “oplewing” wees in alle opsigte. Neem daai groot besluit, koop die nuwe eiendom en investeer plaaslik.

Ons voorbladartikel hierdie week is die verhaal van ʼn man wat vermoor is vir wat? Vir ʼn selfoon? ʼn Paar rand? Tragies dat dit iets is wat toenemend voorkom, mag die leiers van hierdie dorp, provinsie en land iets daadwerklik doen aan sinnelose moorde en misdaad oor die algemeen.

Groetnis.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.