R150 000 borg elk vir geldwassery

LEPHALALE — Die 24-jarige Nicolas Fouché en die 52-jarige Bruce Clifford Smith het Donderdag 15 Augustus in die stampvol Landdroshof in Lephalale verskyn op klagtes van geldwasssery en borgtog van R150 000 elk is toegestaan.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale Polisie Klusterbevelvoerder, het die MEC vir Vervoer en gemeenskapsveiligheid, Namane Dickson Masemola sowel as Jack Maeko, burgemeester van Lephalale Munisipaliteit die hofsitting bygewoon.

Fouché is Woensdag 7 Augustus deur die polisie by die Stockpoort grenspos gearresteer nadat sy voertuig deursoek en daar R1,7 miljoen versteek was.

Volgens inligting het hy vir die polisie gesê dat dit nie die eerste keer is dat hy groot bedrae geld oor die grens neem nie en dat Smith die geld vir hom gegee het. Smith, ʼn Zimbabwiese burger, is Vrydag 9 Augustus gearresteer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.