Rapporteer elke veedief

Leoni Kruger
LEPHALALE — “Rapporteer elke liewe voorval van veediefstal”. So het Thys Eloff, voorsitter van Lephalale gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gesê by die landelike veiligheidsforum (LVF) se maandelikse vergadering wat Donderdag 19 Mei gehou is.
Eloff het die vergadering daarop gewys om die woord te versprei dat dit baie belangrik is om elke voorval van iets wat onwettig geskiet is aan te meld, anders is die statistieke van veediefstal heeltemal verwronge.
Voorvalle van veediefstal kan aangemeld word by Danie Erasmus van SAPD Lephalale se veediefstaleenheid by 082 325 1429.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.