Rassie-Interhuisswem

V.l.n.r.: Llewelynn, Kiana, Carel Lee (waarnemende skoolhoof),
Marcelle en Anrich

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het Donderdag 19 September Interhuis-swemgala gehou.

Kiana de Vries was aangewys as die beste junior meisieswemmer vir die dag en Llewelynn Viljoen as die beste junior seunswemmer vir die dag.

Die beste senior meisieswemmer was Marcelle Kritzinger en die beste senior seunswemmer was Anrich Fourie.

Die swemmers sê hulle sien uit na die swemseisoen wat voorlê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.