Rassies se kaskardag

LEPHALALE — Dit het Donderdag 3 Augustus gegons in Rassieland, want Laerskool Ellisras se baie gewilde kaskarkaskenades is gehou.
Die oorspronklikheid van die spanne se temas was baie besonders. Daar was spoke, trolle, bankrowers, zombies en vele meer.
Klein en groot het gejaag met hulle kaskarre en die beoordelaars sê dit word elke jaar moeiliker om ‘n wenner te kies omdat die kinders elke jaar meer vindingryk en die karre meer vaartbelyn word.
Die skool bedank elke ouer vir hulle betrokkenheid by die dag – “dit is die groot rede waarom dit elke jaar so ‘n groot sukses is”!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.