Rekordbreker Werdie

LEPHALALE — Bekende boogskut-pa en seun, Hennie en Werdie van Staden, het Saterdag 17 Augustus aan die Noord-Gauteng ABO-kampioenskappe in Cullinan deelgeneem. Volgens Hennie was die opkoms goed met verteenwoordiging van regoor die land.

Hennie sê dit was nie vir hom ʼn goeie dag nie, want hy het nog nooit so swak geskiet nie. Hy skiet 167 uit 220 in die MSR (Male Senior Release) kategorie met afstandskat tot 45 jaart en stap weg met ʼn vyfde plek.

Die goue seun Werdie skiet 212 uit 220 in die Hunters-afdeling afstandskat tot en met 40 jaart (agt punte weg van ʼn voltal) en hiermee verbeter hy sy eie rekord met vier punte. Hy het vir drie agtereenvolgende byeenkomste sy eie rekord verbeter.

Werdie word aangewys as die beste Skut van die Dag.

Die volgende groot boog-skietkompetisie (been drie) is die naweek van 7 en 8 September te Wild Creek by Hartbeespoortdam.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.