Rusverstoring — Polisieverklaring nodig

LEPHALALE — Verskeie klagtes van rusverstoring by ʼn gastehuis in Hermanstraat gedurende die naweek van 17 Augustus is na Mogol Pos toe deurgegee. Inwoners is keelvol om die hele nag na ander se musiek en dronkpraatjies te luister. Iesegrimmige inwoners van beide Onverwacht en Lephalale-dorp sê hulle weet nie meer wat om te doen nie en al bel hulle die polisie en al besoek die polisie die plek van rusverstoring, maak dit geen verskil nie.

Mogol Pos het met adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale SAPD Klusterwoordvoerder gesels. Hy beklemtoon dat die polisie nie regtig iets kan doen as die klaer(s) nie ʼn verklaring by die stasie aflê nie. Eers dán kan daar ʼn saak geopen en ondersoek word. Hy sê hulle kan nie iemand arresteer as daar nie ʼn saak teen die persoon is nie.

“Die rusverstoorders kry eers ʼn waarskuwing en as hulle voortgaan met die geraas sal hulle beboet en/of gearresteer word,” verduidelik hy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.